ondersoek 'n ander
manier van reis
Kom kuier saam en verken Suid Afrika deur die oog van Tamarisk Toere waar jy koelte vir die siel sal kry.

Ons is toegerus met n pragtige, 20 sitplek, veilige bussie met waentjie, wat jou gemoedsrus gee gedurende die toer. Aan boord is ‘n klein kombuisie wat langs die pad koffie en versnapperings kan bedien.
Graag sal ons jou kerkgroep, damesgroep, familie of sommer net jou vriendegroep neem waar julle wil gaan en seker maak dat julle die rus en "Koelte vir die Siel" sal kry.

wat ons doen
Vele toere, van oud tot jonk. Wees gerus vir 'n verantwoordelike en onvergeetbare rit van jou keuse . Ons sal na jou omsien en sorg dat jy die beste diens, wat ons kan offer, geniet. Ons sal na jou welstand omsien met die wete dat as daar iets op ons pad kom wat onvoorspelbaar is, ons jou na die naaste dokter of hospitaal sal vergesel en bystaan.
01
daaglikse toere - Nw
Van ongetemde bosveld tot die gesofistikeerdheid van 5-ster-oorde, ons dag toere bied die volledige toerismepakket. Weg van die gewoel van die stadslewe, bied ons 'n ontsnappingsroete na die regte Afrika. Die natuur in ons omgewing is geseën met asemrowende natuurskoon, golwende mielielande, goue sonneblomme en uitgestrekte vlaktes van Afrika -bosveld. Die ideale agtergrond vir die plesier van ons buitelewe -aantreklikhede: uitstekende wildparke - die tuiste van die Groot Vyf - pragtige gholfbane, waterfunksies, sportgeriewe.
02
wildtoere
Wildtoerisme is 'n deel van die reisbedryf van baie lande, wat fokus op waarneming en interaksie met die plaaslike diere- en plantlewe in hul natuurlike habitat. Hier het ons die gewilde Pilansberg Natuur Reservaat, asook die Leeu Safari Park en vele meer...
03
self-begeleide toere
Smag jy daarna om nuwe plekke te sien en dinge ‘n slag weer vir die heel eerste keer te ervaar? Ons neem graag vriende, familie, kerkgroepe, skoolgroepe of enige groep van hoë morele waardes na waar ookal jou bestemming is. Ons sal graag na jou wil omsien en bystaan. Voel veilig en gerus in ons midde en jy hoef nie oor enige iets bekommerd te wees nie. Ons is daar om jou by te staan in alle opsigte.
04
spesiale vakansietoer
Ons sal jou graag op 'n onvergeetlike vakansie toer neem soos: Namaqualand, Natal-Midlands, Vrystaat, Oos-Kaap, Suid of Noord Kus, of sommer enige vakansie oord van jou keuse. Roetes, verblyf en 'n reis plan stel ons met graagte op vir jou. Hier is waar jy die leier van jou Senior Burger Klub, Kerk Leier of Gemeenskap Leier sal wees. Bring 'n voorstel en ons maak jou plan 'n weklikheid!
ons fasilitiete
Onstpan en verken na al die pragtige plekke in ons natuur en die skoonheid van ons land met ons volgende fasilitiete op die toerbus:
ons dienste
Ons organiseer en vergesel die groepe op toere na 'n groot verskeidenheid plekke. Ons neem die verantwoordelikheid om te verseker dat die reisreëlings van begin tot einde so vlot moontlik sal verloop en persoonlike ondersteuning gedurende die hele reis sal he.
Ons het die nodige fasiliteite om jou gerieflik en veilig te vervoer.
Alternatiewelik kan ons julle help met nuwe idees van gesogte plekke om te besoek, die ontwerp van ‘n reisplan, die nodige besprekings vir die akkommodasie en stel ook ‘n sakpas pakket saam.
01
daaglikse toere
02
wildtoere
03
self-begeleide toere
04
spesiale vakansie toere
gewilde bestemmings
Sien onder ons mees populere toere en lees meer oor elk
dit is ons...
Lees meer oor Andre en Jasmin...
André het al deur die hele Suid Afrika gereis. Van Kaapstad tot by Beitbrug, van die Suid/Noordkus tot in Namibia. André het verskeie toere gedoen na Kaapstad, Durban, Vrystaat, Natal, NoordKaap, Oos Kaap en ook na die Sabie Sands by die Kruger Nasionale Park.
Ek moet egter by sê dat daar is nog baie plekke in Suid Afrika waar ons nog nie was nie, en vandaar die gedagte om saam met ons mense te toer deur hierdie mooi land.
Jasmin het in die jaar 1976 met die Plesierboot, Reina del Mar, na Engeland gevaar en vir maande deur die hele Europa, Kanariese Eilande en Madeira Eilande getoer.
Sy het later teruggekeer na Suid-Afrika met die SA Oranje Plesierboot.
Jasmin het ook met die Monterey Plesierboot na die pragtige Bazaruta Eilande gevaar.
getuigskrifte
Hier is wat ons gaste van ons dink...
Kontak ons
Sou U meer wil weet van ons toere, los jou besonderhede hieronder en ons sal in kontak tree.